Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Fabel " deur D.J. OPPERMAN
" Fabel " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #57996] Do, 28 Februarie 2002 15:37 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

FABEL
D.J.Opperman

Onder misbredie
in die reën uitgestrek,
voer twee erdwurms
'n spits gesprek

oor "ek" en "jy"
en "my kontrei",
oor "hier was eerste
my krot van klei."

'n Toevallige graaf
het toevallig gesak,
die twee erdwurms
middeldeur gekap:

Vier erdwurms
ruk slymerig voort -
die "ek's" en die "jy's"
twyfel waar hulle hoort.

In digter bredie
by die herontmoet
het elkeen beleef
homself gegroet.
Re: 3.bloor.is soc.history.ancient:36874otherwise the jar in Darcy's pitcher might tease some lazy printers [boodskap #58015 is 'n antwoord op boodskap #57996] Do, 28 Februarie 2002 23:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

G3g M4m wrote:

>
> FABEL
> D.J.Opperman

>
> Onder misbredie
> in die reën uitgestrek,
> voer twee erdwurms
> 'n spits gesprek

Wel, wel, toe val my oë
toetentaal uit my kop uit
toe die gedig met die bostaande
opskrif op ons rekenaar verskyn.
Was dit dieselfde op iemand anders
se skerm, of was dit net by ons?

Gloudina
Re: 3.bloor.is soc.history.ancient:36874otherwise the jar in Darcy's pitcher might tease some lazy printers [boodskap #58018 is 'n antwoord op boodskap #58015] Vr, 01 Maart 2002 00:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 28 Feb 2002 23:06:55 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> G3g M4m wrote:

>
> Wel, wel, toe val my oë
> toetentaal uit my kop uit
> toe die gedig met die bostaande
> opskrif op ons rekenaar verskyn.
> Was dit dieselfde op iemand anders
> se skerm, of was dit net by ons?

Dit was nie so by my nie - vir wat dit werd is.
Re: 3.bloor.is soc.history.ancient:36874otherwise the jar in Darcy's pitcher might tease some lazy printers [boodskap #58025 is 'n antwoord op boodskap #58018] Vr, 01 Maart 2002 04:45 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Danielle wrote:

> Dit was nie so by my nie - vir wat dit werd is.

Dankie vir die inligting. Snaaks wat
so 'n rekenaar kan ophoes. Lyk amper
soos 'n wurm.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Sondag van 'n Kind" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: Uit " Gebed om die Gebeente" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 08:03:27 MGT 2024